Stom
staar ek na flentertjies wolke
wat in sagte fineer
oor sanderige duine hang

dromend oor ver plekke
waar gister nog asemhaal
versigtig oor- en uitklim
om net weg te loop

in die warm hitteskim
wat yl lê oor die pad
my eie erba verde –
vir oulaas kyk ek, onbesweke,

terug soos Lot se vrou
‘n donker gat in ligkosyn
nooit weer hortjiesvensters
se oop- en toemaak vir my.