Terwyl ons broei
oor goed en kwaad,
fraksies opweeg
en balans probeer vind

word gewigte geplaas:
koud en gevoelloos
tydloos en patroonloos,
weerskante steier arms vir balans

middernag slaan die skaal oor
een vir een gewoë
een vir een te lig bevonde,
want agter die son wat helder skyn

het die skadukant
een maal te veel gewink,
en het die teenwigte van serviam
koponderstebo, verbygegaan…