Jy is die Sleeping Beauty teen die kus

onder jou mistige mantel vind mens rus.

Jou roksoom is van duinesand

die binnedeel van Duitse kant.

 

Jou kop is vol van die wind se fluitster,

maar tog het jy tyd om na die see ook te luister.

Jy word wakker gehou deur branderplankryers

langstrandvryers, meeue in vlug, toeriste op die brug,

 

bierdrinkers en magtelike rinkinkers,

safari-manne en inwoners met groot planne,

veldskoenvoete reg vir nog ‘n woestynroete

… Stuur to aan Namib my groete.

 

“Maar, solank julle net weet, die wind sal weer waai

en ek aan elke spoor sal sê ‘koebaai’

dan sal ek opnuut rustig raak

sodat die see weer met my kan praat.”