Dwars lê ek en droom
hoog bokant die kokerboom,
sê my, Liekie Fouché,
wát bring hierdie vaart my mee?

dor woestynsand…
‘n son wat skroei…
‘n katkroondroom
in Tina Skukan se galery!

hou dit dalk verband
above and beyond
met ‘n doemeling
uit kunstenaarshand?

kan ek tog nie liewers
net bloot regop staan
hoër as die son, iewers
in my kokerboomdroom?