Terwyl ontstemdes
oor ‘n hoenderboer,
genaamd Jan Klaas,
se verpulpte kuikens rumoer

groei die Jonasboom vlug en welig
aan die Oostekant van die stad.
Sprei dié wonderboom sy koelte
vir een dag oor Ninevé.

In die torings wag die hongeres
om te sien wat word van die hand
wat die vettes voer.

In ongeduld kap hulle sommer self
die hand van Jan Klaas af –
en die wonderboom verdor nog dieselfde dag…