in die duurte van beierende klokke
het jy jou korset stuk vir stuk uitgeryg
die rondings van jou versugtinge
in en oor Playboy vasgestrik

die perkamentreuk van hoë mure
met duur parfuum probeer versoen
met ingetrekte naels oor die intiemheid
van vergeelde mufheid gestryk

jou blik vol oënskynlikhede
in ‘n duisend prismas versplinterd
maar in die naklank het jy gemerk

hoe twee spierwit poue
hul verslete vere afskud…
en jy het, nakend, die galery uitgestap