basterkameeldoring,
incognito
tas jy na my
emosieketting,

soekend na
die swakste skakel

vreugde en huppel
in my stap,
‘n lied in my wese
asem jy verby

maar

smart, woede, vrees
trek jy nader,
haak jy vas

sou geen Liefde
my van veraf volg

en verdraai, verwring
omsirkel my tot
ewig gevangeskap