op ‘n pragmooi midddag
voor die najaarsononder
vaar ‘n skip ver oor die einder,
met rosekleur vou
skemer sy vlerke
om haar spierwit seile

die wye toekoms-oseaan
lok haar met liefde
waar afwagting
opgewonde blink
op die kabbeltjieswater

donker golwe dreig
stamp en stoot teen die boeg
maar ligvoet swaai die
Skipper haar weg van die rotse,

stuur haar jare later veilig
tot in die goue
harmonie-hawe
waar halleluja’s ewig weerklink.