Met al die
dansende
uitbundigheid
om my,
bekruip
die alleen
my soos
‘n dier
sy prooi
stil,
treetjie
vir treetjie
kom hy nader
om te verslind,
om tussen
lyf  teen lyf
verliefdes
met grynsende
oopbek
sy alleentand
diep in my
binneste
in te dring.