Waar is die slaap,
die wondersoete ding
waarvan almal praat
en digters liries oor raak,

daar waar drome
in jou onderbewuste
gister se verlange
in beeld herlewe,
dit lewendig maak,

daar waar wakker sy
donker vergeet,
wat is die wondersoete ding,
met die naam van slaap,
is dit net oor uitverkorenes
wat die Sandman waak,

môre wil ek
in slaap vergeet
en gister in drome
oor en oor beleef,
in die rus  van soete slaap,
sal ons baie styf, lyf teen lyf
in mekaar se warm holtes lê,
jou hande en liefdeswoorde
wat saggies oor my streel,
met teerheid my met liefde vul,

sonder ophou liefdesnektar drink,
saam versluk tot versadiging,
tevrede-leeg,
gevul,
bewend,
tot ons hartklop bedaar
snoesig in mekaar toegevou,

wat is die weelde van slaap?
dis waar verlangende begeertes,
liefde se ontploffing,
‘n werklikheid raak!