Liefde is in jou
as die lyding van jou medemens
vir jou pynlik is,

as jy die honger pyne
van miljoene mense
in jou eie liggaam voel,

as die eensaamheid en die angs,
die nood van jou medemens,
jou eie hart in twee verskeur.