Jy is nie gemaak vir besighede,
die vinnige produksielyne,
die bankrekeninge en die
besige winkelsentrums nie.

Jy is gemaak
om net mens te wees.
Jy is geskape
na Sy hand.

Die vreugde om te lag en te sing:
in liefde te lewe –
saam met almal om jou.