In haar voorstede bly mense in vestings,
agter staal palissades
met diefwering en veiligheidshekke
en amper almal het honde
wat erwe patrolleer.

Berge van beton
ruis in Sunnyside en Arkadia,
wat eens ‘n wonderlike blyplek was.
Nou’s dit ‘n ghetto
met wasgoed by vensters en balkonne
en ‘n verrotte reuk wat plek-plek opslaan,
sodat geen reen dit meer skoon kan was nie.

Prostitute staan op straathoeke
en dwelm gebruikers en gom kinders,
lê in stegies rond
en klein kinders speel tussen karre.

Die middestad is ‘n vertrapping
en ‘n babelse verwarring,
met informele entrepreneurs
wat ‘n lewe probeer maak
en busse en taxi’s
en boewe wat motors selfs by kerke steel.

Tog is daar mense wat drome bou
en in haar leef
en van my Pretoria en haar plekke
‘n stad soos geen ander maak.