Smullend
aan roebab-en-mieliepap
gemak-smak die vreemdeling
sy vlesige blink lippe

sluk mondevol brandy
uit ‘n bodemlose bottel
vee sy mond argeloos af
aan sy blokkieshemp se mou

staar niksseggend voor hom uit
terwyl sy ma, langs hom,
skreeuend doodbrand
in ‘n smeulende rubberband.