ek lees Johan Myburg en
ek sidder, want dit voel asof
dit mý hand is wat die pen vashou
terwyl Breyten se kil skoorsteen,
styf met binddraad vasgedraai,
sommer so argeloos in ‘n wit
kissie vol Braille grifsels
onder die pers bougainvillea
begrawe word