As jy volmaak is,
kom na my in jou volmaaktheid,

maar as jy iets skeel,
kom na my soos ék is: onvolmaak.

Kom sonder woorde, maar ook
sonder verraad en liefdesmoord.

Laat ons lippe, soos in die digter se
“Writing as Fucking” saampraat.

Laat begrippe soos “skuld” agterweë
as ons die teks in diepte bespreek.

Ontdek saam my die betekenis
agter die digter se soixante-neuf.

Nog beter, wys my, want jy is tog nie
dié digter wat op woorde sweef.