Sal ek met potlood
kan skakeer
presies die diepte
van jou kleur
of met pen
en ink beskryf
hoe proe
die holtes
van jou lyf
en waar my vingers
oor jou ruggraat tas
groei my wortels
aan joune vas
asem uit
en asem in
word my einde
jou begin.