Hy klonkie iewers langs die spoor,
sy siel deur roet en stof versmoor.
Gister klop en roep, stilswyend treur,
aan sy hart se roesbruin agterdeur.

Duisend trane streep oor sy wange
en donga deur sy lewensdrange,
liefdeloos het hy die stryd verloor
. . . iewers langs die lewensspoor.