elke more staan ek op en
kniel om dankie te kan sê
saans geniet ek Sy genade
weet Hy wil my by Hom hê

die dag gee sonskynlig as riglyn
en krag om Sy Naam te verheerlik
deur die nag gesels ek met Hom
vind ek net Sy nabyheid al begeerlik

dan kan ek my swakhede bely en
smeek dat Hy my van sonde bevry

ek dwaal af van Sy reguit Pad
besef te laat waarheen ek draf
draai ek om om terug te kyk
sien ek die Heer van ver af wink

om by Christus te kom
breek ek die klankgrens
van my geestelike wedren
om by Hom die Ewige Lewe
se heerlikheid te verken