jy ruik Katjiepiering
en Jasmyn
kyk waar die son weer
helder skyn

sy hande vou in
vreugde om
jou wange en jou
lippe stom

hy hoor jou lag soos
klokkies klink
loer dan skelm in jou
oë blink

jou lippe proe na
naartjiesap
wanneer jul oor die
hangbrug stap

hy trek jou in die
skadu in
vertel jou dat hy
jou bemin

vir ewig oomblik
daardie soen
jy weet net dis wat
hy wil doen

dan stap jul saam die
trappies af
ry weg met Poon so
op ‘n draf

die toekoms wink en
draai van vreug
aan die liefde gaan jul
jare teug