I Dories (mineur) ?

d  eˆf  g  a  bˆc  s

jy is dood

voordat jou man eendag

vir jou ‘n minnelied kon sing

II Frigies (mineur) ?

eˆf  g  a  bˆc  d  e

jy is dood

voordat kinderbloeisels in bot

in jou lieflike skoot kon spruit

III Lidies (majeur) ?

f  g  a  bˆc  d  eˆf

jy is dood

en ons dra jou boodskap deur die stad

sorgvuldig op ons T-shirts geverf

IV Mikso-lidies (majeur) ?

g  a  bˆc  d  eˆf  g

jy is dood

en ons bekla ons weemoed en

druk ons woede op MXit uit

V Eolies (mineur) ?

a  bˆc  d  eˆf  g  a

dit is tog vreemd dat dié taxi

steeds jou bromponie agterna sleep

VI Ionies (majeur) ?