My woorde
is stiknag donker,
en my hart
s t r u i k e l
deur die duister daarvan.

die lig
van jou menswees
kon my nog nie betas,

satyn sagte strale
van jou innerlikke vlam
te swak
om
dié vervae
en gebroke self te openbaar.

ek skuil van jou,
agter ‘n fraudulese
f a ç a d e
my glimlag,
(en)
ek wonder
of jy my ooit sal sien,
of jou oë sal aanstoot neem
teen die waarheid?

sal jy dan
jou hand uitsteek,
my siel binnedring
met jou vingers
my hart
masseer
en my lewe red?