Die wind waai
kleurlose reëndruppels
by c-maks verby

vermeng blende
met die soutsmaak
op my lippe

onkiese energie
wit en swart pionne
op ‘n onklaar skaakbord –
die spel is half gespeel

het ek toé maar geweet
my lydelike verset
sou soveel rassehaat
ontketen…