Soggens, as ek vroeg opstaan
om ‘n vuurtjie aan te slaan,
wonder ek wanneer jy eendag
stomende koffies saam my sal drink

Later, as ek geduldig
sand en klippe bymekaar hark,
verblind die lig my
as ek na die hek bly staar

Smiddae, as ek jou die houtbrug,
met mosbegroeide trappe, sien oorsteek,
laat val ek alles om jou
in my arms te verwelkom

Saans, as ek alleen in my bed lê,
droom ek van jou,
jou lag ‘n weerklank van my liefde,
jou oë vensters van my siel.