Ek lees in die klas
jou gedigte
in vaste vorm
van vier strofes elk

en ek noem die eerste
kyk in jou oë “oulik”
en ek noem die tweede
skribbel oor my papier “verlief”

en dan skryf ek vir jou my derde gedig
en noem dit ‘n “A-simbool probeerslag”
en saam vorm hulle digterlike liefde

en dan skryf ek eksamen
oor die… sekstet ?
en nou haak ek vas op… jammies!