Berg-op deur koel klowe
na Ou Bobbejaansgrot,
uitskud die vere
vir ‘n harde, koue nag,
vroegoggend-soektog
na ‘n ou sandsteengraf
met sierskrif-inskripsie dof:

delf diep na sewe Sannas
voltooi Cruywagen se lot
begin wonder, begin grawe –
vind ‘n kers vir ‘n mot

wat máák die Rooivalke
in Ou Bobbejaansgrot?