Soms was jy
‘n skoon bladsy,
meesal net leë papier –

maar ek sê tog dankie
vir die jammer in jou oë
en die soet oranje-en-geel kappertjies
uit ons buurman se tuin.

Op die laaste bladsy in ons boek
skryf ek die kolle weg,
so ook die merke aan my keel,
maar die ink het van min gebruik

halfpad opgedro