Reënstokke swalk ritmies
uur na lange uur
eentonige voeteval
stuif stofdeeltjies om die vuur

donker oë lonker en lag
daag al die ruigtes uit
tooi die witwarm vlamme
in vuurspuwende rooitongprag

in ’n parket van spiese
veilig in die hittekring
word dié jaar se water
in ‘n weeldedans besing

in die stiller skaduwees
agter die ritsel van die gras
sluip ‘n luiperd geruisloos –
honger dors die vors