Met sonsondergang word
gedroogte sewejaartjies
in my aorta geplaas

papieragtig, spesiaal
gedroog om hul kleur te behou,
ek verlang na die dae

toe jy met sewemylslaarse
oor die kamers van my hart
heengestap het