Swewend op golwe van die lug,

kom weer vandag herinneringe in wilde vlug!

Laat sy gedagtes gaan in ver en wye draaie,

op byna onbegaanbaar toegegroeide paaie.

Vlymskerp sny herinnering die pad oop deur ‘vergeet’ na ‘onthou’,

as beeld na beeld voor sy geestesoog ontvou –

aan sy gedagtes is vandag geen keer:

hy is die jongman van soveel jare gelede weer.

In volheid van sy jeug se krag,

glo hy, dat fisies, hy alles kan vermag!

Die wildste perd kon hy tem –

in die spel van ‘ondergooi’ het hy hom nie vas laat pen.

Opgegroei in ‘n wêreld, nog heeltemal ongetem,

waar kinders ook hulle ‘vat’ en ‘staan’ moes ken.

In die somerson se felste strale,

vir die bylkap van kameelhoutpale;

Sóveel kere die hoogste aantal kerwe op sy stok,

wanneer, na die dag se swoeg en sweet, dit getel word.

Soveel gebeure in die ver verlede,

word nooit weer in herinnering geroep, is heeltemal vergete.

Met die verlede saam agtergelaat;

selde sal iemand ooit daarna vra.

Vir die nageslag heeltemal verlore –

‘n heel ander lewe is vir hul beskore.

Soveel so dat dit soms lyk, planeet Aarde van die nou en hede,

is nie dieselfde een van sewentig, tagtig jaar gelede!

Net lewensjare wat die tyd soms oorbrug,

bring dan heengegane jare deur herinnering terug!

Belewenisse, ervarings, uit die verre, grys verlede

voel dan soos gister, vandag, die hede.

Vir hierdie vlugte van herinnering,

so waardevol, wil hy dank en hulde aan sy Maker bring.

Vir hom het dit alles soveel betekenis, sóveel waarde,

al wonder hy soms is dié planeet se naam ooit nog Aarde.