In ‘n
onbesonne
oomblik
van jonk wees,

net voor
grootmens
se drumpel,
jou bestemming
sou wees,
het jy en Bacchus
‘gedice’,

nou vloei
jou
brandewyn-bloed
tussen stukke
verwronge
metaal en
versplinterde glas,

bitter die teug
van jou verlore jeug,
wrang is die smaak
om te vroeg
groot
te wou wees.

No Post Image for Alleen

Alleen

Met al die dansende uitbundigheid om my,
Comments: 1Rating:
No Post Image for Insomnia

Insomnia

Waar is die slaap, die wondersoete ding waarvan almal praat en digters liries oor raak,
Comments: 1Rating: