Liefde is in jou
as die lyding van jou medemens
vir jou pynlik is,

as jy die honger pyne
van miljoene mense
in jou eie liggaam voel,

as die eensaamheid en die angs,
die nood van jou medemens,
jou eie hart in twee verskeur.

No Post Image for Mens

Mens

Jy is nie gemaak vir besighede, die vinnige produksielyne, die bankrekeninge en die besige winkelsentrums nie. Jy is gemaak om net mens te wees. Jy is geskape na Sy hand. Die vreugde om te lag en te sing: in liefde te lewe – saam met almal om jou.
Comments: 1Rating: