Hoe bemin ek jou,
meer as wat ek weet om te doen
en hoe gee ek liefde meer onvoorwaardelik
as wat ek by jou kry?

Wat maak ek as ek nie liefde in jou oë lees nie
en hoe kan ek bestaan en met my lewe aangaan,
as dit nie saam met jou kan wees nie.

Jy is so deel van my,
dat jy in my diepste wese bly.

Hierdie woorde skryf ek nie uit vrees nie,
want wat ek in jou siel sien as ek in jou oë kyk
is meer as wat ek weet van hoe liefde lyk.

Deel van jou hoor ek in die wind
en kan ek in die dinge rondom my vind,
maar ook diep binne my.

Deel van my is wat by jou agterbly
en in jou hart gestalte kry
en jy maak my
beter as wat ek is
en weet om te wees.

No Post Image for My Pretoria

My Pretoria

In haar voorstede bly mense in vestings, agter staal palissades met diefwering en veiligheidshekke en amper almal het honde wat erwe patrolleer.
Comments: 1Rating: