Sal Moederhen se hart verstaan?
As sy die grond ooptrap
Daar onder in die laan

Die seerkry van ‘n traan
Na ‘n onverdiende klap
Sal Moederhen se hart verstaan?

Sal liefde kan bly staan?
Na die stewel se seer getrap
Daar onder in die laan.

As vuiste swaai en slaan
En meslem bloedstreep krap
Sal Moederhen se hart verstaan?

Waarheer moet die kinders gaan
Want ma lê seer en slap
Daar onder in die laan.

As vrou dan op haar regte staan
En hom met loodpunt klap
Sal moederhen se hart verstaan?

Daar onder in die laan.