My oë vloei oor die
woorde van jou lyf.
Refrein oor die rondings wat piek
in die sagte vallei
van verlore raak.

My vingers kaart
deur die kontoere van
jou oorgawe tot jou asem
sag my binne nooi
om jou drumpel te betree.

Jy laat my toe
om vir jou vye te pars
en ek los douspore
diep in jou vrugbaarheid.