Jou voet-

sit dit in jou mond,
en hou dit daar
En jy sal nooit die rede wees
dat trane my vreugde vervuil.

Bêre jou eie-ek en kyk om jou rond
Na die lewe, en mense wat seer het,
Baie dieper ,
meer permanent as jy gewond.

Kyk op na jou Skepper,
En gaan weer op jou knie
Kyk mooi na jou eie -ek,
Vra: “Wie is dit diè?”

Loop terug op jou spoor,
Sê nou, wyl daar tyd is,”ekskuus”

Maar weet dat jou woorde vandag
Deur my hart  gesny het soos ‘n spies,
Dat jou skynheiligheid my pla,
Soos ‘n steekpyn in my lies,

Dat ‘n esel hom stamp- twee maal teen ‘n klip –
Maar dat jy my vertoue en respek nooit weer sal verdien,
Want vandag het ek dwarsdeur jou swart hart gesien.